Aasvoël



Die son bak genadeloos op sy bloodgestelde vel
Styf gespan oor ‘n moeë raam.
Diep gesonke oë knyp styf toe om die sonstrale af te weer.
“n Sterk wind waai warm om hom heen
Hy sukkel om sy oë oop te hou.
Slaap durf hy nie;
Want dit  laat hom weerloos en kwesbaar.
Die aasvoël kyk geduldig toe.
Sy maag geswolle , kliphard en seer.
Somer en Winter
Lente en Herfs;
Alles in een dag weer
Sy oë raak swaarder en val toe
Met ‘n skrik en skok word hy wakker geruk.
“n Hoongelag steek in sy ore soos ‘n doring tak oor sagte satyn.
Op wil hy spring na veiligheid maar sy swakke liggaam laat hom in die steek.
Sy gees gaan lê.
Hy is te moeg
Hy het verloor
Die aasvoëls wen.

@Nazlee Jeppie

wpid-20150904_195400.png

Posted from WordPress for Android

Leave a comment